Sulise and Gerhard

Home / Proposals 2014 / Sulise and Gerhard

Sulise and Gerhard

Ek en Gerhard het by Kurt darren se eerste fees ontmoet en als het net van daar af reg gevoel ek het geweet dis die man vir my!.ons is al 4jaar saam waar ons 3jaar n langafstand verhouding gehaad het hy het elke naweek wat hy kon vir my kom kuier en ons het elke aand oor die foon gesels daar het nooit n dag verby gegaan waar ons nie met mekaar gesels het nie . Die 3de jaar het ek besluit om by hom te gaan bly en ons lewe saam te begin.

10 maande later… ons het die dag voor die tyd deur gery want my verloofde het n onderhoud gehaad buitekant pietersburg op n plaas en dierek daarna toe is ons na sy male toe vir n rustige naweek in naboomspruit. Sy ma het amper haar mond 3 keer verby gepraat en ek het steets niks agter gekom nie. Die volgende oggend vroeg se hy al ons vriende gaan bymekaar kom by Euporia golf estate op die berg om ietsie te drink EN te KYK Hoe die VENTERS( die rykste in die dorp en omgewing) trou onder op die golf baan- iets het nie heel wat lekker geklink nie want wie wil nou kyk vir n troue as jy nie eers genooi is nie…hy se net die hele dorp gaan kyk toe het ek nie verder gestry nie.

Ek het net begin reg maak om te gaan .sy ma op daai oomblik was besig om uit te trek met haar kar want hulle is ook genooi om die te gaan kyk! Met die wat ek nog besig is met hare en makeup hoor ek en Gerhard die honde is agter in die erf besig om met iets te beklei en hy kyk toe deur die venster ..Met n groot skok besef hy ma dis sy ma se haarlose kat bella wat perongeluk uitgekom het hyt gehardloop vir die skyf deer en dit was gesluit en toe vir die voor deur ons was te laat en sy is toe dood voor ons haar kon red my hart was stukkend want sy is al 11jaar by sy ma en ek het so lief vir die dingetjie geword!.

Ek was nie lus vi niks nie het snot en trane gehuil! En almal het hulle emosies eenkant toe geskyf en die kat opgetel en in n mooi boksie gesit en gese ons sal haar later begrawe as ons trug kom.

Op daai oomblik was ek eerlikwaar nie lus om meer te gaan nie en hulle het my omgepraat. Met alles wat gebeur het , het niemand die kamara onthou nie!!

sy male is voor ons weer weg. Ons het in die kar geklim om te gaan kyk hoe die venters trou en hyt my ali pad getroos. Ons het ingegaan by die reception en hyt kaartjies gekry vir die kabel kar* toe ons inklim en gaan sit se Gerhard vir die man wat die deur toe maak met n bobejaan spaner …kan jy nie die deur oop los nie! Nee se hy dis teen die rules and regulations…ek is tub stil en vra hom toe ons nou stadig opbeweeg hkm die deur oop los nee se hy hys bietjie benoud en warm..ek lag net…ons gesels oor die uitstekende natuur skoonheid om ons hy vat altwee my hande en ek voel die man se hande is klam en dit gebeer nie!

Amper bo ….Hy kyk diep in my oe kon n miljoen woorde lees wat hy wou se hy het so diep glans in sy oe gehaad! Hyt in sy sak die mooiste ring uitgehaal net vir my en gevra ….sal jy met my trou?! Ek het amper om geval van blydskap dit was die beste oomblik van my lewe als was net so oorweldigend ek kon nie help om n traan te pik nie! Ek kon nie my oe glo nie so romanties!

Ons het daar bo gekom en my ouers en sy ouers en n klomp ouens wat golf gespeel het het daar bo gewag vir ons kon nie vir beter gevra het nie! So verlief en verlore hy is n geskenk van bo af! Ons het dit daar bo gevuur soos die son sak ….glo dit of nie die venters het getrou daai dag en ons kon alles sien!

Ons was oppad huis toe ….toe is daar n verassing vir ons albei by my male se huis n verlowings partytjie met die famielie wat naby genoeg was*

Ons trou die 4de oktber die jaar en My verloofde het toe die werk gekry net n week na ons verlowing ons het darm n paar fototjies geneem met die selfone! Bella sal viraltyd in ons harte bly en sal haar nooit vergeet nie sy was soos n kind in die huis*

Kan nogsteeds nie glo ons is verloof en trou oor n paar maande nie!! Beste gevoel ooit om te weet ek het my pot se deksel gekry!!

Dankie Liewe Jesus ♥ vir U geskenk van bo!

IMG-20130110-WA000

 

 

 

 

 

comments
Recent Posts
SimoneTam